KERRIE GROENTE BREDIE - BREDIES
KERRIE GROENTE BREDIE - BREDIES
250g gaar, bruin bone 250g stowe lamsvleis
25ml olie 2 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus 5ml komynsaad
5ml koljander, fyngemaal 5ml gemengde kruie
2ml matige kerriepoeier 1 groen soetrissie, gekap
250 g murgpampoentjies, in skywe gesny 100g rosyne
8 klein aartappeltjies, halfgaar gekook in die skil 50ml tamatiepuree
250ml geelwortel, in skywe gesny suiker na smaak
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek sout en per na smaak
1 blokkie biefaftreksel, opgelos in 350ml kookwater
Verhit die olie in 'n pan. Voeg die vleis, uit en knoffel by en soteer tot die vleis bruin is. Voeg die komynsaad, koljander, kruie en kerriepoeier by. Soteer die mengsel vir 'n verdere 2 minute. Voeg die groente en bone by. Giet aftreksel bo-oor en laat die mengsel kook. Meng die tamatiepuree en rosyne by die bonemengsel in. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Voeg smaakmiddels na smaak by. Die mengsel kan vir potjiekos gebruik word.
Published: 16th August 2010 by