KAAS-EN-SAMPIOENGEBAK
KAAS-EN-SAMPIOENGEBAK
12dun snye wit brood, korsies verwyder 45ml botter, gesmelt
625ml Cheddarkaas, gerasper 250g sampioene in skywe gesny
½ groensoetrissie, ontpit en fyngekap 4 groot eiers, geklits
750ml melk 2,5ml paprika
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 1ml gemengde kruie
Smeer 'n oondvaste bak. Smeer gesmelte botter liggies oor albei kante van elke sny brood. Sny elke sny in die helfte en rangskik die helfte van die brood op die bodem van die bak (in 'n enkel laag). Sprinkel die helfte van die kaas oor die broodskywe in die bak. Plaas al die sampioenskywe eweredig bo-oor. Herhaal die lae met die oorblywende broodskywe en gerasperde kaas. Sprinkel groensoetrissie bo-oor. Klits eiers en melk saam. Geur met sout, peper en gemengde kruie en paprika. Gooi die eiermengsel oor gereg in bak. Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in yskas. Bak in voorverhitte oond teen 180C onbedek vir 35-45
minute, tot gestol en goudbruin bo-op.
Published: 16th August 2010 by