<< Back
INGELEGDE KOOL - PIEKELS
INGELEGDE KOOL - PIEKELS
2kg vars kool, gekerf 1kg uie, gekerf
25ml kerriepoeier 12.5ml borrie
750ml asyn 750ml suiker
25ml sout 30ml mielieblom
Was kool en dreineer goed. Kook kool, uie, suiker, sout en asyn saam tot kool sag is, maar nie pap nie. Maak kerriepoeier, borrie en mielieblom met 'n bietjie asyn aan en voeg by koolmengsel. Laat goed deurkook en bottel terwyl koolmengsel nog warm is. Dit hou baie goed in die yskas.
Published: 16th August 2010 by