HOENDERPASTEI - BREDIES
HOENDERPASTEI - BREDIES
Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande bevries word.
250ml koekmeel 2ml sout
5ml mosterdpoeier 125g koue botter
125g gladde maaskaas
Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot 'n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel 'n paar uur.
VULSEL
675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen 500 ml hoenderaftreksel
60g botter 150ml koekmeel
375 ml melk 45ml sjerrie
suurlemoensap sout en vars gemaalde swartpeper
30g botter 1 middelslag-ui, gekap
3 middelslag-wortels, en in ringe gesny 2 klein selderystingels, in ringe gesny
125ml bevrore ertjies, ontdooi 45ml gekapte vars pietersielie
Plaas die vleis en aftreksel in 'n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloei stof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik 'n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit 'n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte tot prut-punt terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurle-moensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die 30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute. Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in 'n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.
Published: 16th August 2010 by