HEERLIKE AARTAPPELPAN ETE
HEERLIKE AARTAPPELPAN ETE
8 aartappels 25ml margarien
1 groot ui (in skyfies gesny) 2 tamaties (geskil en in skyfies gesny)
2 eiers (geklits) 225ml koue melk
5ml sout 1ml varsgemaalde swartpeper
1ml mosterdpoeier 125ml gerasperde Cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180C. Kook die aartappels in soutwater totdat dit sag is, maar nie pap nie en laat dit effens afkoel. Trek die skille af en sny dit in skyfies. Laat dit afkoel. Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit bruin is. Meng die ui en aartappel baie liggies en skep dit in 'n gesmeerde oondskottel. Rangskik 'n laag tamatieskywe bo-op die aartappellaag. Klits die eiers en melk saam en geur dit met die sout, peper en mosterdpoeier. Gooi die eier mengsel oor die groente in die oondskottel. Strooi die kaas bo-oor en bak dit ongeveer 1 uur lank op die middelste oondrak. Bedien dit warm met 'n slaai.
Published: 16th August 2010 by