<< Back
HEEL GEPIEKELDE PERSKES - PIEKELS
HEEL GEPIEKELDE PERSKES - PIEKELS
1.1 kan ook gesnyde perskes wees - verkort net kooktyd
2kg meduim taaipitperskes , geskil heel naeltjies
500ml asyn 250ml water
450g suiker 3 heel kaneelstokkies
3 stukke steranys
Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra stroop gereed is.
STROOP:
Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is. Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël.. Bedien saam met vleis.
Published: 16th August 2010 by