<< Back
HAASTIGE HAMKERRIE
HAASTIGE HAMKERRIE
25ml botter of margarien 1 ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap 1 knoffelhuisie, gekneus
10ml matige kerriepoeier 225g gaar ham, in blokkies gesny
250ml ingemaakte pynappelstukkies, gedreineer, gekap 1 blik hoenderroomsop
Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui, soetrissie en knoffelhuisie daarin totdat dit sag is. Voeg die kerriepoeier by en braai dit 2-3 minute lank. Voeg die res van die bestanddele by en laat dit 5-8 minute lank prut. Roer dit voortdurend. Skep dit uit in ‘n warm oondskottel en garneer dit met die gekapte pietersielie. Bedien dit warm saam met gekookte rys, blatjang en ‘n tamatie en uieslaai.
Published: 16th August 2010 by