<< Back
GEURIGE SAMPIOENBREDIE
GEURIGE SAMPIOENBREDIE
750 g verskillende sampioene 1 bossie sprietuie
3 knoffelhuisies 2ml borrie
2ml kaneel 10ml paprika
gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen 125 ml lemoensap
250ml ertjies 125ml groenteaftreksel
10 groen olywe 5–10ml mint
Soteer die sampioene. Roer die uie, knoffel, borrie, kaneel en paprika by. Voeg die suurlemoenskil, lemoensap en groenteaftreksel by en prut vir 10 minute. Voeg die ertjies, olywe en suurlemoensap by en prut nog 10 minute. Voeg die mint by net voor opdiening. Sit voor op rys en garneer met suurlemoene.
Published: 16th August 2010 by