GESTOOFDE PATATS - GROENTE
GESTOOFDE PATATS - GROENTE
6 klein of 4 middelslag-patats 12,5 ml sout
30 ml bruinsuiker 60 ml kookwater
60 ml botter 'n paar stukkies heel kaneel
Voorverhit die oond tot 200C .Was en skil die patats en sny in skywe. Kook dit 30 minute lank tot sag. Voeg die sout by. Sny elke patat in die lengte deur en plaas in 'n oondvaste bak. Maak die stroop deur die suiker in die kokende water op te los en die botter by te voeg. Verhit tot die botter gesmelt is. Vir 'n mooi bruin stroop kan die suiker eers droog in 'n kastrol verhit word terwyl dit aanhoudend met 'n houtlepel geroer word tot dit mooi bruin en gesmelt is. Voeg dan die kokende water by, roer tot dit in die water opgelos is en voeg die botter by. Giet die stroop oor die patats, voeg 'n paar stukkies heel kaneel by vir geur, en bak sowat 30 minute lank tot dit bruin is.
Published: 16th August 2010 by