<< Back
GEPEPERDE NIERTJIES
GEPEPERDE NIERTJIES
8 skaapniertjies 5ml suurlemoensap
5ml sout 10ml aangemaakte mosterd
paar druppels worcestersous knypie rooipeper
1 ui (fyn gekap) 30ml margarien
Verwyder alle vet aan niertjies, trek velle af, halveer elk oorlangs en sny pypies uit. Laat 1 uur in soutwater week. Droog met kombuispapier af en plaas op 'n plank of bord met die snykante na bo. Meng suurlemoensap, sout, mosterd, peper en worcestersous. Verf oor niertjies en laat 'n uur in die koelkas. Soteer ui in botter tot geel en sag, skep uit en hou warm. Plaas niertjies in dieselfde pan en braai hulle 5-10 minute vinnig aan elke kant tot gaar. Draai gereeld om en voeg nog botter by indien nodig. Strooi ui oor niertjies en sit voor. Lewer 4 porsies.
Published: 16th August 2010 by