<< Back
GEKRUMMELDE BOELIEBIEF
GEKRUMMELDE BOELIEBIEF
2 x 300g elk boeliebief 250ml droë broodkrummels
5ml paprika 5ml droë mosterd
10ml vars gekapte pietersielie sout en varsgemaalde swartpeper
3 ekstra groot eiers, geklits olie vir vlakbraai
Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros.Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai.
Published: 16th August 2010 by