<< Back
GEELPERSKE KONFYT - KONFYT
GEELPERSKE KONFYT - KONFYT
2.5kg geelperskes 750ml water
7x250ml suiker 5ml wynsteensuur
Ontpit en skil die perskes. Snipper dit. Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by. Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is. Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is. Stel die plaat op en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt bereik is. Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.
Published: 16th August 2010 by