GEBAKTE EIERS EN HAM IN KAPOKAARTAPPELS
GEBAKTE EIERS EN HAM IN KAPOKAARTAPPELS
750g aartappels (6-7), geskil en in kwarte gesny 250ml water
1ml sout 30ml botter óf margarien
60ml melk 6 eiers
125g gerookte ham, in repies gesny 300ml witsous
250ml room gekapte sprietui
Plaas die aartappels, water en sout in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek en laat prut tot sag. Dreineer en druk fyn, voeg die botter of margarien en melk by en meng tot glad en romerig. Skep die kapokaartappels in 'n gesmeerde middelslag vuurvastebak en maak gelyk. Maak 6 diep holtes in die aartappels met die agterkant van 'n eetlepel. Breek 'n eier in elke holte, sprinkel die ham liggies oor en giet die witsous en room eweredig oor. Bak die gereg sowat 20 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180C totdat die eiers gestol het en die gereg bokant borrelrig is. Strooi 'n bietjie gekapte sprietui bo-oor en sit dadelik voor met 'n groenslaai.
Published: 16th August 2010 by