<< Back
Flater
Lucas Malan
Flater
'n Glas val van die tafel af;
dit bars in skerwe skerp
geslyp met snykant-stukke.
Die tulpgevormde glas
lê só haar funksie af
in een van talle ongelukke.
Vee die splinters op, skraap
die letsels bymekaar en smyt
dit in die asblik in. Gaan raap
'n ander een op. Jammer tog,
so iets kom ons almal oor -
So is dit. Geen vewyt.