<< Back
EKONOMIESE VISGEREG
EKONOMIESE VISGEREG
500g skelvis, gaar 30 ml botter
30ml koekmeel 2ml sout
300ml melk 300ml gaar stampmielies
15ml vars pietersielie, gekap 300ml Cheddarkaas, gerasper
2 eiers 200ml melk
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n vuurvaste oondskottel. Vlok die skelvis. Smelt die botter en roer die meel en sout by. Voeg die melk by en verdik vir 3 minute terwyl die mengsel geroer word. Voeg die witsous, stampmielies, pietersielie en kaas by die skelvis. Klits die eiers en melk saam en meng met die skelvismengsel. Giet mengsel in die oondskottel en bak vir 30 minute. Sit voor saam met slaai as 'n ligte noenmaalgereg.
Published: 16th August 2010 by