EIERGEBAK MET KRUMMEL BOLAAG
EIERGEBAK MET KRUMMEL BOLAAG
½ vleisekstrakblokkie, verkrummel 100ml warm water
1 lourierblaar 350ml melk, effens verhit
25ml margarien 1 ui, fyn gekap
25ml koekmeelblom 250g Cheddarkaas,gerasper
12,5ml tamatiesous 5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper 2ml paprika
4 hardgekookte eiers, in skywe 12,5ml droë broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180C. Los die vleisekstrakblokkie op in die warm water en voeg die lourierblaar by. Laat dit afkoel. Haal die lourierblaar uit en roer die melk by die aftreksel. Hou dit eenkant. Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit ligbruin is. Roer die koekmeelblom by en meng dit tot glad. Voeg die melkmengsel geleidelik by en laat dit prut totdat die sous verdik. Roer dit voortdurend. Roer die kaas, tamatiesous, sout, peper en paprika by en verhit dit effens totdat die kaas gesmelt het. Roer dit voortdurend. Rangskik die helfte van die eierskywe in 'n liggies gesmeerde oondskottel en skep die helfte van die sous bo-oor. Herhaal die lae. Hou 'n paar eierskyfies eenkant vir garnering. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit ongeveer 15minute lank op die middelste oondrak. Garneer dit met die eierskyfies wat eenkant gehou is en bedien dit warm saam met 'n groen mengelslaai.
Published: 16th August 2010 by