EENVOUDIGE AANDETE
EENVOUDIGE AANDETE
8-10 ronde broodrolletjies olie
1 ui, gekap 1 knoffelhuisie, fyngemaak
1 tamatie, ontvel en fyngekap 410g sampioensop
250ml room sout en varsgemaalde swartpeper
knippie suiker gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Sny die boonste dele van die broodrolletjies af en hol die broodjies uit van binne–daar moet ‘n rand van ongeveer 1cm reg rondom oorbly. Behou die stukkies uitgeholde brood. Verf die boonste dele en die binnekante van die broodrolletjies met olie en plaas op die bakplaat. Plaas in die oond tot die broodrolletjies bros is. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot ‘n moes. Voeg die sampioensop, room en die stukkies brood by en prut tot die mengsel lekker dik is. Geur na smaak met die sout, peper en suiker. Skep die mengsel in die uitgeholde broodrolletjies, sprinkel kaas bo-oor en rooster onder die roosterelement van die oond tot die kaas gesmelt het. Plaas die boonste gedeeltes terug en sit onmiddelik voor.
Published: 16th August 2010 by