DRIEVLEIS PASTEI - BREDIES
DRIEVLEIS PASTEI - BREDIES
1kg beesfilet, in blokkies gesny 250ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny sout en peper na smaak
5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder 1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny botter
1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi geklitste eiergeel
Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.
Rol die skilferkors dunner uit en voer 'n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.
Published: 16th August 2010 by