<< Back
Die Melk Begin Al Loop
Lieb Sauermann
Die Melk Begin Al Loop
Die melk begin al loop.
Die ooste begin oopgaan
op sy doring stingel.
Op die katel,
oorblyfsels van vergange jare:
'n hopie beendere
en geplooide vel,
skrotum-toegevou.
Asemhaling traag,
bewegings willekeurig,
gedagtes onsamehangend ver.
Die voete geswel en mat.
Die hande frummelend
om niks.