<< Back
Die Glinstering in Jou oog
Ross van Reenen
Die Glinstering in Jou oog
deur Ross van Reenen
As jy digter en rymelaar wil bly,
moet jy jou denkrigtings agtermekaar kry,
eintlik moet jy van jou dae as 'n kleuter,
met versies, rympies en gediggies peuter.
Maar wat my die meeste van die spul vervies het,
is dat 'n vloekwoord meestal rym met die woord wat ek verkies het.
'n Mens voel lus en steek die hele spul aan brand,
of skryf liewer iets in prosatrant.
Maar in jou oog verskyn 'n glinstering,
as jy toevallig twee woorde in beryming bring.
Published: 29th April 2012 by