<< Back
DADELBROODJIE - BRODE
DADELBROODJIE - BRODE
375g fyn gekerfde dadels 5ml koeksoda
125g margarien in klein blokkies gesny 250ml kookwater
190ml suiker 1 eier, geklits
5ml vanilla essens 500ml meelblom
5ml bakpoeier 125ml gekapte neute
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak. Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word. Klits eier, suiker en vanilla essens goed en gooi by die dadelmengsel. Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in. Gooi neute by en meng goed. Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Published: 16th August 2010 by