BOERE CROISSANTS - ALLERLEI
BOERE CROISSANTS - ALLERLEI
900ml koekmeelblom
25ml bakpoeier
2ml sout
1ml rooipeper
125g botter of margarien
500ml Cheddarkaas, gerasper
300-325ml melk
1 eiergeel
Voorverhit die oond tot 200C. Spuit 'n bakplaat met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter mee jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die kaas en ongeveer 275-300ml melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke. Rol elke deegstuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20cm in deursnee vorm. Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke. Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat. Klits die eier geel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee. Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank tot gaar of goudbruin. Lewer 32 croissants.
Published: 16th August 2010 by