BLINDEVINKBREDIE - BREDIES
BLINDEVINKBREDIE - BREDIES
1 ui, fyn gekap 75ml vars broodkrummels
5ml sout 2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie 1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien 1 eiergeel
500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny 30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny 1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater 12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
Published: 16th August 2010 by