BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE - BREDIES
BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE - BREDIES
90ml koekmeelblom 5 ml sout
15ml paprika 2 kg beesstert, in porsies gesny
50ml braaivet kookwater
300g sampioene, gekerf 1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus 2 groot uie, in ringe gesny
2 vleisaftreksel-blokkies 15 ml kerriepoeier
225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.
Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in 'n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van die orige meelblom en 'n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.
Published: 16th August 2010 by