AVOKADO OMELET
AVOKADO OMELET
6 eiers 85ml melk
sout en vars gemaalde peper na smaak 25ml Cheddar kaas, gerasper
125ml botter 1 avokado
1 middelslag tamatie, geskil en gekap 1 klein uitjie, fyn gekap
gekapte pietersielie vir garnering
Skei 3 eiers en klits die eierwitte tot lig en skuimerig. Klits die eiergele en die ander 3 eiers met ‘n draadklitser by die eierwitte in. Voeg die melk, sout, peper en kaas by. Smelt die botter oor matige hitte in ‘n braaipan. Gooi die helfte van die mengsel in die pan en braai tot bruin aan die eenkant. Draai dit om en braai dit aan die ander kant. Skep dit uit en herhaal dit met die res van die mengsel. Halveer, ontpit en skil intussen die avokado en sny dit in skyfies. Sny elke omelet in die helfte deur en plaas op ‘n verhitte bord. Rangskik die avokado skywe op die omelet. Meng die gekapte tamatie en ui en skep dit bo op die avokadoskyfies. Bedien dadelik.
Published: 16th August 2010 by