APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK - BRAAISTUKKE
APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK - BRAAISTUKKE
1 heel varknek, van ongeveer 750g botter en olie
vars gemaalde swartpeper, paprika en sout 1 klein ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak 375ml hoenderaftreksel
410g appelkoosheltes, gedreineer, behou die sap 3 heel naeltjies
30ml korrel of Dijonmosterd 1 kaneelstokkie
125ml room
Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies. Gebruik 125ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd, naeltjies en kaneel. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by, bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm. Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra appelkooshelftes en vars kruie.
Lewer 4-6 porsies.
Published: 16th August 2010 by