AARTAPPEL EN SAMPIOEN GEBAK
AARTAPPEL EN SAMPIOEN GEBAK
800g aartappels, geskil en in skywe gesny 60ml botter
2 uie, fyn gekap 2 vet knoffelhuisies, fyngemaak
800g sampioene, afgevee sout en peper
10ml worcestersous 60ml koekmeelblom
250ml sterk hoenderaftreksel 125ml melk
250g roomkaas 2 eiergele
50ml gekapte grasuie
Kook aartappels 5-7 minute in soutwater. Smelt intussen die helfte van die botter in ‘n pan en verhit tot kokend warm. Voeg uie, knoffel en sampioene by, verminder hitte en roerbraai tot al die vloeistof weggekook is. Geur met sout, peper en worcestersous. Trek opsy. Gebruik ‘n souskastrol en smelt die res van die botter. Roer die meel en kook twee minute. Klop aftreksel en melk by en roer oor matige hitte tot die sous dik is. Verwyder van die hitte, klop kaas, eiers en die helfte van die grasuie by. Proe en geur met sout en peper indien nodig. Rangskik die aartappels in gesmeerde oondskottel en dedek met die helfte van sous. Rangskik die sampioene bo-op, bedek met die res van die sous en bak 25 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Strooi die res van die grasuie oor.
Published: 16th August 2010 by