<< Back
'n Hand vol Kleingeld
PA Joubert
'n Hand vol Kleingeld
Lank het ek geslenter in
Die Kaap se son en wind.
En my verkyk, verluister,
My aan hierdie grond verbind.
In die wind gehoor hoe klingel,
Die kleingeld van die taal.
Die konsonante en die klinkers
Van `n ou verhaal.
So het ek in die verste
Voetpaadjies rondgedwaal,
En `n handvol Kaapse kleingeld,
In son en wind kom haal.