❖ Mobile Site ❖ Join Mailing list ❖ Can you translate? RSS feed

Die Droom van die Wegraping - Wederkoms

This dream was dreamt in February 2010. I do not know the person personally, but it is a friend of a friend. It was originally written in Afrikaans, I have translated into English. See the English version.

 

DIE  DROOM   (Gedroom – êrens in Februarie 2010)

Die droom begin waar ek, Melanie en Mirey op ‘n “houseboat” is (dis ‘n tipe boot waarop mens vakansie hou, gewoonlik baie goed toegerus met alle

geriewe vir kook, slaap en leef), op ‘n bree rivier wat in die verte kronkel. Die gevoel is diè van ‘n lekker vakansie en die hele atmosfeer is

kalm en rustig en lui. Die walle van die rivier is gedeeltelik gras met baie bome asook groot wilgerbome  wat oor die water hang. Mens kan nie

baie ver land insien nie want die bosse is te ruig en daar is geen huise of geboue te bespeur nie, net natuurskoon.

Dis ‘n bree rivier wat stadig vloei en as ek in die rivier afkyk sien ek nog 15–20 soortgelyke bote oral op die rivier met gesinne en mense wat

vakansie hou en kuier en ontspan. Daar is mense wat van die bote af in die water spring en swem en speel naby die bote. Sover ek kan onthou is daar

geen bote agter ons nie, ons is heel agter.

Dis seker so vroegmiddag, aangenaam warm, alhoewel meestal bewolk met kolle blou lug wat uitsteek. Die wolke is nie spierwit nie maar ook nie

swaar met water nie. Die wolke is die tipe wolke wat later kan saampak om middag reen te bring  Die onderkant is plat amper asof dit ‘n plafon vorm.

 Ek is die heeltyd bewus van Melanie en Mirey, ek hoor hulle op die boot, alhoewel ek nie op die oomblik met hulle praat nie.

Terwyl ek agter op die boot staan, vang iets in die wolke my oog, ‘n breukdeel van ‘n sekonde, net genoeg om my na die wolke te laat kyk in die

verte. Ek kyk maar ek sien niks en maak dit af. ‘n Paar sekondes later vang iets weer my oog, die keer heelwat nader aan ons. Ek vra vir Melanie

of sy dit ook gesien het. Sy sê nee, maar kom staan langs my om te kyk.

Dan sien ek dit weer, die keer definitief iets, maar ek en Melanie kan nie uitmaak wat dit is nie. Nou begin die frekwensie van die verskynsels

verhoog, en op verskillende plekke in die wolke. Ek kom agter ander mense sien dit ook, want mense op ander bote staan op en wys vinger na die

wolke.  Ek voel ongemaklik en bietjie angstig oor die onbekende verskynsel. Dit lyk soos iets wat deur die wolke breek, omdraai en weer

opswiep die wolke in. Soos dit deur die wolk breek en omdraai, kan ek die turbulensie-spoor sien, maar ek kan nie sien wat dit doen nie. Dit gebeur

nou op honderde plekke oral rondom ons, oor die bote op die rivier en ook die wolke oor die land. Die mense is nou almal bewus van iets wat aangaan, daar is baie verwondering, maar ek kan ook groeiende paniek voel. Almal probeer sin maak van wat hulle sien maar niemand weet wat dit is nie.

Dis asof die frekwensie nog toeneem en al meer en meer van die verskynsel gebeur sover die oog kan sien. Hoe langer dit aanhou, hoe laer af uit die

wolke uit duik die verskynsels voordat hulle opswiep en weer die wolke ingaan. Ek en Melanie staan teenaan mekaar en kyk reg bo ons wat ons kan

sien. Ons sien die wesens wat uit die wolke duik is deursigtig soos glas, maar het wel vorm. Diebeweging kan ek die beste beskryf soos die vlug van

swaeltjies, vinnig glad en sekuur.

Dan herken ek die wesens – DIS ENGELE. Ek maak die vorm van vlerke uit, met vloeiende klere. My hart klop in my keel en ek is nou behoorlik

angsbevange.

Die kalmte van voorheen is iets van die verlede en is vervang met iets tussen vrees, angs, adrenalien en paniek. Mense op bote skarrel, skree,

wys na die lug, gryp na geliefdes. Soos die prentjie voor my afspeel hoor ek iemand in die verte skree – “dis die wegraping!!!”.  Dan besef almal

wat aangaan.

‘n Blydskap en ‘n vrees en ‘n finaliteit slaan my asem weg. Op daardie oomblik is dit asof die bevel gegee word vir die engele, want skielik is

hulle nie meer deursigtig nie. Terwyl ek op die boot staan en voor my uitkyk sien ek honderde en honderde engele wat teen weerligspoed uit die

wolke uit afduik en gereddes oppik en deur die wolke verdwyn. Ek sien hoe die wolke deur die turbulensie en aktiwiteit

rol. Ek sien hoe mense op die bote staan en in ‘n sekonde weg is as ‘n engel neerswiep. Ek sien hoe sekere mense gevat word en ander gelos word:

Die teks in die Bybel wat sê dat twee mense in die lande sal werk en een weggeraap sal word, skiet deur my brein. Ek sien dit voor my oè gebeur. Ek

besef die WOORD is WAAR.

Ek staan op die boot en sover as wat my oè kan sien, sien ek wit strepe deur die wolke breek, derduisende waar daar stede is. Die gebeurtenis is

so intens dat ek huil. Dan uit die verte uit, soos donderweer aanrol, hoor ek die dreuning van ‘n ramshoring (klink amper soos die mishoring van ‘n

groot skip). Eers sag en dan al hoe harder, hoe nader dit kom. Naderhand oorverdowend kragtig. Die geluid is so magtig dat almal neerval. Ek kyk op

en sien hoe reuse-wolke inrol met weerlig binne in hulle. Ek weet dis wat die Bybel gesê het gaan gebeur. Die hele aarde sal JESUS se koms aanskou.

Hy is op die wolke en op pad. My emosies is ‘n warboel. Ek is in ekstase – want ek sien die vervulling. Dit gebeur in my tyd. Terselfdertyd is ek

hartseer want dis die einde van dit wat ons ken, bevrees want ek besef nou eers die grootheid van GOD. My kop kan dit nie alles verwerk nie.

Ek wil my vrou en my dogter styf vashou. Ek kyk om my rond en sien nie my vrou en dogter nie. Ek soek hulle maar hulle is nie meer op die boot nie,

ek skree vir hulle, ek soek binne en buite. Dan tref dit my. Terwyl alles om my gebeur het is hulle gevat. Ek val op my gesig neer daar op die boot.

Nou pak die grootste vrees my. Ek huil onophoudelik. Waar is hulle? Is hulle weggeraap?  Is ek nie gered nie? Is ek nie uitverkore nie? Is dit

moontlik? Is dit te laat? Kan ek nog by Jesus pleit? Die vrae hardloop deur my kop.

Ek sien ander met hulle hande na bo, ander wat bid en pleit, ander wat nie gered is nie. Party weet nie wat aangaan nie, maar ander huil en skree

want hulle weet dis te laat. Dis finaal. Daar is niks te doen nie. My eie vrees en hulpeloosheid is onbeskryfbaar. Ek weet dat Jesus sy mense kom

vat en dat Hy dan die aarde gaan verlaat. Ons is oorgelaat aan ons eie.

My pyn is so groot, en ek is so desperaat en bang. Dis etlike minute vandat die wegraping begin het.

Dan gebeur dit met my, net toe ek seker was dis my nie beskore nie.  Ek voel hoe ek weggeruk word.

Ek word wakker.

 

(Ek het nog nooit in my lewe so ‘n “vivid” droom gehad en die detail so onthou nie. Ek kry hoendervleis elke keer as ek daarvan praat. ) - Fanie

----------------------oooOooo----------------------

NS – AS jy GERAAK is deur DIE DROOM, stuur die epos asb AAN ANDER om te LEES.  Dankie.

----------------------------------oooOooo-----------------------------


By:

Help us to be 'seen' on the internet